5 Die Here het vir Moses gesê:
6 “Jy moet die Levi-stam laat nader kom sodat hulle vir die priester Aäron kan werk.
7 Hulle moet vir die hele volk werk by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, hulle moet alles wat nodig is, by die tempel-tent doen.
8 Hulle moet sorg vir alles wat by die tent moet wees, hulle moet die werk doen vir die Israeliete, die werk wat nodig is by die tempel-tent.
9 Jy moet die Leviete vir Aäron en sy seuns gee. Die Israeliete gee die Leviete sodat hulle vir Aäron en sy seuns kan werk.
10 Net Aäron en sy seuns mag priesters wees. Wanneer iemand anders die priester-werk doen, dan moet julle hom doodmaak.”
11 Die Here het vir Moses gesê: