8 Hulle moet sorg vir alles wat by die tent moet wees, hulle moet die werk doen vir die Israeliete, die werk wat nodig is by die tempel-tent.
9 Jy moet die Leviete vir Aäron en sy seuns gee. Die Israeliete gee die Leviete sodat hulle vir Aäron en sy seuns kan werk.
10 Net Aäron en sy seuns mag priesters wees. Wanneer iemand anders die priester-werk doen, dan moet julle hom doodmaak.”
11 Die Here het vir Moses gesê:
12 “Ek het self die Leviete weggeneem van die Israeliete. Ek het nie die oudste seuns van die Israeliete geneem nie, Ek het die Leviete geneem in hulle plek. Die Leviete behoort aan My.
13 Al die oudste seuns en al die eerste kleintjies van die mak diere is Myne. Dit is so van daardie dag af toe Ek die oudste seuns in Egipte laat sterf het. Ek het toe elke seun en elke dier wat eerste gebore is, aan My gewy, hulle is Myne, Ek is die Here.”
14 Die Here het in die Sinai-woestyn met Moses gepraat en vir hom gesê: