13 Haar man mag elke gelofte wat sy gemaak het en alles wat sy belowe het, so laat bly, of hy mag dit stop.
14 Maar as haar man hoor wat sy belowe en hy sê niks daaroor voor die volgende dag nie, dan laat hy alles wat sy belowe het, so bly. Hy het niks gesê toe hy dit gehoor het nie, hy het die gelofte so laat bly.
15 Maar as hy die geloftes breek lank nadat hy daarvan gehoor het, dan is hý skuldig omdat sy vrou nie doen wat sy belowe het nie.”
16 Dit is wat die Here vir Moses gesê het, dit is die wette vir ’n vrou wat getroud is of wanneer sy nog jonk is en by haar pa woon.