5 Maar as haar pa hoor wat sy belowe, en hy sê dadelik vir haar sy mag nie doen wat sy belowe het nie, dan moet sy dit nie doen nie. As haar pa so gesê het, dan sal die Here haar vergewe.
6 “As ’n vrou getroud is en sy het ’n gelofte gemaak, of as sy iets belowe voordat sy goed gedink het,
7 en haar man hoor dit maar hy sê niks, dan moet sy doen wat sy belowe het.
8 Maar as haar man hoor wat sy belowe, en dadelik vir haar sê sy mag dit nie doen nie, dan stop hy die gelofte wat sy gemaak het en dan keer hy dat sy doen wat sy belowe het voordat sy goed gedink het. Die Here sal haar vergewe.
9 “Maar ’n weduwee of ’n geskeide vrou moet doen wat sy belowe het.
10 “Wanneer ’n getroude vrou ’n gelofte gemaak het of iets belowe het en gesê het die Here is die getuie,
11 en haar man hoor dit en hy bly stil en hy sê nie sy mag dit nie doen nie, dan moet sy alles doen wat sy belowe het.