1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Die Israeliete moet die Midianiete straf oor wat hulle gedoen het. Daarna sal jy sterf.”
3 Moses het vir die volk gesê: “Party van julle moet gereedmaak om oorlog te maak sodat julle die Midianiete kan aanval en kan straf soos die Here wil hê.
4 Julle moet 1 000 manne van elke stam stuur om oorlog te maak.”
5 Hulle het toe vir 1 000 manne van elke stam gesê om gereed te maak. Daar was 12 000 manne wat gereed was om oorlog te maak.
6 Moses het hulle gestuur om oorlog te gaan maak. Daar was 1 000 manne van elke stam. Pinehas seun van die priester Eleasar het saamgegaan. Hy het die gewyde dinge by hom gehad, en ook die trompette wat hulle moes blaas.
7 Die manne het oorlog gemaak teen die Midianiete, soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het al die mans doodgemaak,