30 En jy moet ’n deel neem van die helfte wat die Israeliete kry. Jy moet een uit elke 50 neem, jy moet dit neem uit die persone, beeste, donkies, skape en bokke, en ander diere. Jy moet hulle gee vir die Leviete wat werk by die tempel-tent van die Here.”
31 Moses en die priester Eleasar het gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
32 Die goed wat oorgebly het van alles wat die manne gevat het, was: 675 000 skape en bokke,
33 72 000 beeste,
34 61 000 donkies,
35 en 32 000 vroue wat nog nie by ’n man geslaap het nie.
36 Die deel wat die manne gekry het wat oorlog gaan maak het, was: 337 500 skape en bokke,