9 Die Here het vir Moses gesê:
10 “Jy moet met die Israeliete praat en vir hulle sê: Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gaan na die land Kanaän,
11 dan moet julle stede kies wat vir julle asielstede kan wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy ’n ander mens per ongeluk doodgemaak het.
12 Die stede moet asielstede wees vir julle. Die naaste familielid van die persoon wat gesterf het, mag nie in die asielstad die moordenaar doodmaak wat een van sy familie doodgemaak het nie. Die volksvergadering moet eers oor hom oordeel.
13 Julle moet ses stede gee wat asielstede kan wees vir julle.
14 Julle moet drie stede oorkant die Jordaan-rivier en drie stede in die land Kanaän gee om asielstede te wees.
15 Daardie ses stede moet asielstede wees vir die Israeliete en vir die vreemdelinge en ander mense by hulle wat nie Israeliete is nie. Elkeen wat iemand doodmaak maar wat dit per ongeluk gedoen het, moet daarnatoe kan vlug.