16 “Eleasar seun van die priester Aäron, moet sorg dat daar olyf-olie vir die lampe is, en ook wierook, koring-offers vir elke dag, en salf-olie. Hy moet kyk dat almal reg werk in die tempel-tent en dat hulle die gereedskap reg gebruik.”
17 Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
18-20 “Aäron en sy seuns moet kom en hulle moet vir elkeen van die Kehat-familie sê wat hy moet doen en wat hy moet dra. Die mense van die Kehat-familie moenie kyk na die hoog-gewyde dinge nie, hulle moet glad nie kyk nie. Want as een van hulle dit doen, dan sal hy sterf, en julle moenie dat die Kehat-familie sterf en ophou lewe tussen die Leviete nie. Julle moet dit vir hulle sê sodat hulle kan aanhou lewe.”
21 Die Here het vir Moses gesê:
22 “Jy moet die Gerson-familie ook tel, jy moet skryf aan watter familie elkeen behoort en van wie se nageslag hy is.
23 Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
24 Hierdie is die dinge wat die Gerson-familie moet doen en wat hulle moet dra: