19 Die priester moet dan vir die vrou daar voor die Here vra of sy skuldig is of nie. Hy moet vir haar sê: As ’n ander man nie seks gehad het met jou nie en jy was nie ontrou aan jou man nie, en as jy jouself nie onrein gemaak het nie, dan sal hierdie bitter water niks aan jou doen nie, die water waarmee ek jou kan vervloek.
20 Maar as jy ontrou was aan jou man en as jy jouself onrein laat word het omdat jy seks gehad het met ’n ander man,
21 dan sê ek nou hier voor die Here vir jou dat ek jou sal vervloek. Jy sal onvrugbaar word, en jou eie mense sal jou vervloek.
22 Hierdie water waarmee ek jou moet vervloek, sal in jou ingaan, en jy sal onvrugbaar word.“Dan moet die vrou sê: ‘Ja, as ek skuldig is, dan moet dit gebeur.’
23 “Dan moet die priester die woorde waarmee hy die vrou moet vervloek, op ’n stuk vel skryf, en hy moet die letters afwas in die bitter water.
24 Daarna moet hy sê die vrou moet die bitter water drink, die water waarmee hy haar moet vervloek. Die bitter water waarmee hy haar moet vervloek, moet in haar ingaan.
25 Dan moet die priester die koring-offer by die vrou neem, die offer van die man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom, en die priester moet die offer heen en weer beweeg voor die Here en hy moet dit na die altaar bring.