22 Hierdie water waarmee ek jou moet vervloek, sal in jou ingaan, en jy sal onvrugbaar word.“Dan moet die vrou sê: ‘Ja, as ek skuldig is, dan moet dit gebeur.’
23 “Dan moet die priester die woorde waarmee hy die vrou moet vervloek, op ’n stuk vel skryf, en hy moet die letters afwas in die bitter water.
24 Daarna moet hy sê die vrou moet die bitter water drink, die water waarmee hy haar moet vervloek. Die bitter water waarmee hy haar moet vervloek, moet in haar ingaan.
25 Dan moet die priester die koring-offer by die vrou neem, die offer van die man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom, en die priester moet die offer heen en weer beweeg voor die Here en hy moet dit na die altaar bring.
26 Die priester moet dan meel in sy hand neem, dit is die deel wat die Here moet kry, en hy moet die meel op die altaar verbrand. Daarna moet hy sê die vrou moet die water drink.
27 As die vrou haarself onrein gemaak het en ontrou was aan haar man, en die bitter water waarmee die priester haar moet vervloek, kom in haar, dan sal sy onvrugbaar word en haar eie mense sal haar vervloek.
28 Maar as die vrou haarself nie onrein gemaak het nie en sy is nog rein, dan sal die water niks aan haar doen nie, en sy sal weer kinders kan kry.