28 Maar as die vrou haarself nie onrein gemaak het nie en sy is nog rein, dan sal die water niks aan haar doen nie, en sy sal weer kinders kan kry.
29 Dit is die wet vir wanneer ’n vrou ontrou is aan haar man en wanneer sy haarself onrein maak.
30 Dit is ook die wet vir wanneer ’n man net dínk dat sy vrou ontrou was aan hom. Die priester moet die vrou voor die Here laat staan en hy moet alles met haar doen wat die wet sê.
31 Die man sal onskuldig wees, maar die vrou sal die straf moet dra vir die sonde wat sy gedoen het.”