4 Die Israeliete het dit gedoen. Hulle het die persone wat onrein is, uit die kamp gestuur. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
5 Die Here het vir Moses gesê:
6 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer ’n persoon, ’n man of ’n vrou, iets verkeerd doen aan ’n ander mens, dan is hy ontrou aan die Here en dan is daardie persoon skuldig.
7 Hy moet sy sonde bely wat hy gedoen het en hy moet boete betaal omdat hy verkeerd gedoen het. Hy moet dit gee vir die persoon aan wie hy die verkeerde ding gedoen het en hy moet een vyfde meer bysit.
8 As die persoon aan wie hy verkeerd gedoen het, gesterf het, en daar is ook nie iemand wat familie is aan wie hy die boete kan betaal nie, dan moet hy die geld vir die Here gee, en die priester moet dit kry. Maar die persoon wat verkeerd gedoen het, moet ook nog ’n skaap-ram gee. Die skaap-ram moet die offer wees waarmee die priester versoening moet doen vir die persoon.”
9 Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer die Israeliete gewyde presente gee om offers te wees, dan moet die priester daarvan kry.
10 Die gewyde presente wat ’n persoon bring, bly sy eie presente, maar hy moet daarvan vir die priester gee wat die priester moet kry.”