17 Hy offer die ram om ’n ete-offer te wees en hy offer die koring-offers en die drank-offers wat saam met die ander offers moet wees.
18 Die nasireër skeer dan sy lang hare af by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hy neem die lang hare en sit dit op die vuur waar hulle die ete-offer gaarmaak.
19 Wanneer die ete-offer gaar is, dan neem die priester die skouerblad van die ram en ’n rondebrood uit die mandjie, en ’n roosterkoek, en hy sit dit op die hande van die nasireër nadat hy sy hare afgeskeer het.
20 Die priester beweeg die skouerblad en die brood heen en weer voor die Here. Dit is ’n beweeg-offer en dit is gewy en dit behoort aan die priester, saam met die bors en die boud van die ram. Die bors is ’n beweeg-offer en die boud is ’n present. Daarna mag die nasireër wyn drink.
21 Dit is wat die nasireër moet doen, hy het ’n gelofte gemaak en dit is die offer wat hy moet bring omdat hy gewyd is. Hy mag ook nog ander offers bring as hy iets het om vir die Here te gee. Hy moet doen wat hy belowe het en wat die wet sê.”
22 Die Here het vir Moses gesê:
23 “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê hoe hulle die Israeliete moet seën. Hulle moet sê: