86 Die twaalf goue bakkies wat vol wierook was, het elkeen 10 sikkels geweeg, dit was tempel-sikkels. Al die goue bakkies saam het 120 sikkels geweeg.
87 Die leiers het ook diere gegee, dit was die brand-offer. Die diere was almal saam twaalf bulle, twaalf skaap-ramme en twaalf jaaroud lammers. Hulle het die diere gegee saam met die koring-offers. Daar was ook twaalf bok-ramme, dit was die sonde-offer.
88 Die diere wat die leiers vir die ete-offer gegee het, was almal saam 24 bulle, 60 skaap-ramme, 60 bok-ramme en 60 jaaroud lammers. Dit was die offers om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het.
89 Wanneer Moses met die Here wou praat, dan het hy ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en het hy gehoor die Here praat met hom van bokant die deksel wat op die kis was waarin die tien gebooie is. Die Here het met hom gepraat van tussen die twee gerubs.