6 Die wind waai na die suide en dit draai na die noorde, dit draai en draai, die wind waai en dit hou nie op om te draai nie.
7 Al die riviere vloei in die see in, maar die see word nie vol nie. Die riviere vloei altyd na dieselfde plek.
8 Al die woorde wat daar is, is te min, ’n mens kan nie alles sê nie. Die oog kyk en hy hou nooit op om te kyk nie, die oor hoor en hy hou nooit op om te luister nie.
9 Die dinge wat daar was, sal weer daar wees. Mense sal weer die dinge doen wat hulle altyd gedoen het. Daar is niks wat nuut is in hierdie wêreld nie.
10 Wanneer iemand sê: “Kyk, hier is iets wat nuut is,” dan sê ek: Nee, dit was klaar daar voordat óns daar was.
11 Niemand onthou wat lank gelede gebeur het nie, en die mense wat later sal lewe, sal ook nie onthou wat later gebeur het nie.
12 Ek, die Prediker, was koning van Israel in Jerusalem.