Prediker 10 ABA

’n Dwaas wys vir almal dat hy ’n dwaas is

1 Dooie vlieë laat lekkerruik-oliestink en sleg word.Wanneer iemand ’n bietjie dom is,dan beteken sy wysheid min,en mense sal hom minder respekteer.

2 Die verstand van ’n wyse menslaat dit goed gaan met hom,die verstand van ’n dwaaslaat dit sleg gaan met hom.

3 Ook wanneer die dwaasop ’n pad loop,dan kan mense sien dat hynie verstand het nie,hy wys vir almal dat hy’n dwaas is.

’n Verkeerde ding in hierdie wêreld

4 Wanneer ’n persoon wat regeer,kwaad word vir jou,dan moet jy op jou plek blyen jou werk doen,want as jy kalm bly,dan sal jy nie dinge doenwat baie verkeerd is nie.

5 Ek het ’n verkeerde ding in hierdie wêreld gesien, dit is ’n fout wat ’n belangrike persoon maak:

6 Hy laat die dwase op baie belangrike plekke sit, maar ryk mense moet op die minder belangrike plekke sit.

7 Ek het gesien dwase ry op perde, en leiers moet soos slawe loop.

As jy wysheid het, dan kan jy slaag

8 Wanneer iemand ’n gat grawe,dan sal hy miskien self daarin val,wanneer iemand ’n muur begin afbreek,dan sal ’n slang hom miskien pik.

9 Wanneer iemand klippe breek,dan sal die klippe hom miskien seermaak,wanneer iemand bome afkap,dan moet hy versigtig wees.

10 Wanneer ’n byl stomp isen jy maak dit nie skerp nie,dan moet jy harder kap,maar as jy wysheid het,dan kan jy slaag.

11 Wanneer ’n slang pik voordatiemand hom getoor het,dan help dit nie dat iemanddie slang later toor nie.

Wanneer ’n dwaas praat, dan laat hy dit sleg gaan met homself

12 Wanneer ’n wyse mens praat, dan is mense vriendelik met hom, maar wanneer ’n dwaas praat, dan laat hy dit sleg gaan met homself.

13 Hy is dwaas wanneer hy begin praat, en wanneer hy klaar gepraat het, dan is hy nog méér dom.

14 Maar ’n dwaas praat en praat. Niemand weet wat later sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê wat later sal gebeur? Niemand.

15 ’n Dwaas word baie moeg wanneer hy iets doen, en hy weet nie hoe hy weer in die stad kan kom nie.

Die regte koning en die regte tyd

16 Dit sal sleg gaan met ’n land as sy koning ’n slaaf is en as sy amptenare vroeg in die dag begin feesvier.

17 ’n Land is gelukkig as sy koning uit ’n belangrike familie kom en as sy amptenare op die regte tyd eet en drink om sterk te word, nie om dronk te word nie.

18 As ’n persoon baie lui is, dan sal sy huis se dak inval, as hy niks wil doen nie, dan sal daar water lek deur sy huis se dak.

19 Mense maak kos om lekker te eet, en wyn maak hulle vrolik, maar dit is geld wat hulle help om alles te kry wat hulle wil hê.

20 Jy moenie die koning vervloek nie, jy moet nooit dink om dit te doen nie. Jy moenie ’n ryk mens vervloek nie, ook nie as jy alleen in jou slaapkamer is nie. Hoekom? Want ’n voëltjie kan gaan vertel wat jy gesê het, enige iets wat vlieg, kan dit vir hom gaan sê.

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12