15 ’n Dwaas word baie moeg wanneer hy iets doen, en hy weet nie hoe hy weer in die stad kan kom nie.
16 Dit sal sleg gaan met ’n land as sy koning ’n slaaf is en as sy amptenare vroeg in die dag begin feesvier.
17 ’n Land is gelukkig as sy koning uit ’n belangrike familie kom en as sy amptenare op die regte tyd eet en drink om sterk te word, nie om dronk te word nie.
18 As ’n persoon baie lui is, dan sal sy huis se dak inval, as hy niks wil doen nie, dan sal daar water lek deur sy huis se dak.
19 Mense maak kos om lekker te eet, en wyn maak hulle vrolik, maar dit is geld wat hulle help om alles te kry wat hulle wil hê.
20 Jy moenie die koning vervloek nie, jy moet nooit dink om dit te doen nie. Jy moenie ’n ryk mens vervloek nie, ook nie as jy alleen in jou slaapkamer is nie. Hoekom? Want ’n voëltjie kan gaan vertel wat jy gesê het, enige iets wat vlieg, kan dit vir hom gaan sê.