2 Jy moet aan God dink voordat jy die son en die maanen die sterre nie meer goed kan sien nie,en voordat die lug vir jou altyd donker lyknadat dit gereën het.
3 Want daar sal dae kom wanneer jou hande begin beween jou bene krom worden jou tande nie meer die kos fyn kan kou nieomdat jy te min tande het,dae wanneer jou oë dof begin word,
4 en jy nie meer praat nie omdat jy nie goed kan hoor nie,en jy opstaan wanneer die voëltjies begin sing,maar jy kan hulle nie meer hoor nie.
5 Daar sal dae kom wanneer jy bang is vir hoë plekkeen vir dinge wat in jou pad is.Daar sal ’n tyd kom wanneer jou hare wit issoos die blomme van ’n amandelboom,’n tyd wanneer jy sukkel om te loop,en daar niks is wat help om jou lus te maak vir seks nie,’n tyd wanneer jy sterf,en wanneer die mense wat oor jou moet rou,op die strate bymekaarkom.
6 Jy moet aan God dink vóór daardie dagwanneer die silwer tou breekwaarmee jy water uit die put opgetrek heten die goue bak stukkend breek waarin jy die water gegooi het,vóór daardie dag wanneer die waterkruik by die fonteinstukkend is,en ook die wen-as bokant die watergat.
7 Dit is die tyd wanneer jy sterf en jou stof teruggaan na die aarde, en wanneer jou asem teruggaan na God wat die asem gegee het.
8 Die Prediker sê: Niks is soos dit moet wees nie, niks.