1 Ek het toe gedink: Ek sal myself toets. Ek sal vrolik wees en die lewe geniet. Ek het dit gedoen, maar toe was dit ook nie soos dit moet wees nie.
2 Ek het gedink dit is dom om altyd te lag. Wat help dit om vrolik te wees? Niks.
3 Toe het ek gedink dat ek moet kyk wat gebeur wanneer ek baie wyn drink en probeer om ’n dwaas te wees. Ek wou probeer om ’n dwaas te wees, maar ek wou nie my wysheid verloor nie. Ek wou uitvind wat goed is vir mense en wat hulle moet doen terwyl hulle lewe in hierdie wêreld.
4 Ek het groot dinge gedoen. Ek het vir my huise gebou en wingerde geplant,