12 Ek het gedink ek wil uitvind hoe dit is om wysheid te hê en hoe dit is om ’n dwaas te wees. Ek wou weet of die persoon wat ná my koning sal word, iets sal kan doen wat ek nie gedoen het nie.
13 Ek het uitgevind dat dit beter is om wysheid te hê as om ’n dwaas te wees, dit is dieselfde soos lig wat beter is as donker.
14 As iemand wysheid het, dan sien hy wat rondom hom gebeur. ’n Dwaas is soos iemand wat in die donker lewe. Maar ek het hierdie les geleer: Die dinge wat met een mens gebeur, gebeur met almal.
15 Ek het vir myself gesê: Die dinge wat met ’n dwaas gebeur, sal ook met my gebeur. Het al my wysheid vir my gehelp? Nee. En ek het gedink dit is ook nie soos dit moet wees nie,
16 want die mense sal nie ’n dwaas lank onthou nie, maar hulle sal ook nie ’n wyse mens lank onthou nie. Hulle vergeet hom gou in die tyd wat later kom. Dwase mense sterf, en wyse mense sterf ook.
17 Daarom het ek begin om die lewe te haat. Die dinge wat mense in hierdie wêreld doen, het vir my verkeerd gelyk, want niks is soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.
18 Ek het ook begin om al my harde werk in hierdie wêreld te haat, want iemand wat ná my lewe, sal alles kry waarvoor ek hard gewerk het.