15 Ek het vir myself gesê: Die dinge wat met ’n dwaas gebeur, sal ook met my gebeur. Het al my wysheid vir my gehelp? Nee. En ek het gedink dit is ook nie soos dit moet wees nie,
16 want die mense sal nie ’n dwaas lank onthou nie, maar hulle sal ook nie ’n wyse mens lank onthou nie. Hulle vergeet hom gou in die tyd wat later kom. Dwase mense sterf, en wyse mense sterf ook.
17 Daarom het ek begin om die lewe te haat. Die dinge wat mense in hierdie wêreld doen, het vir my verkeerd gelyk, want niks is soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.
18 Ek het ook begin om al my harde werk in hierdie wêreld te haat, want iemand wat ná my lewe, sal alles kry waarvoor ek hard gewerk het.
19 En niemand weet of daardie persoon ’n wyse mens of ’n dwaas sal wees nie. Maar hy sal kan doen wat hy wil met alles waarvoor ek met wysheid hard gewerk het in hierdie wêreld. Ook dít is nie soos dit moet wees nie.
20 Ek het moedeloos geword toe ek dink aan al die harde werk wat ek in hierdie wêreld gedoen het.
21 Want iemand werk hard en hy gebruik sy wysheid, hy weet wat hy doen en hy doen dit goed, maar dan moet hy sy goed los vir ’n persoon wat nie hard gewerk het nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is baie verkeerd.