10 Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen.
11 God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.
12 Ek weet nou dat dit die beste vir ’n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe.
13 Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít ’n present is wat God vir mense gee.
14 Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. ’n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.
15 Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.
16 Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees.