12 Ek weet nou dat dit die beste vir ’n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe.
13 Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít ’n present is wat God vir mense gee.
14 Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. ’n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.
15 Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.
16 Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees.
17 Ek het gedink God sal die persoon oordeel wat reg lewe en Hy sal ook die persoon oordeel wat verkeerd doen. Hy sal altwee oordeel, want Hy het besluit dat daar vir elke ding ’n regte tyd is om te gebeur en ’n regte tyd om dit te doen.
18 Ek het gedink dat God die mense wil toets en vir hulle wil wys dat hulle soos diere is.