18 Ek het gedink dat God die mense wil toets en vir hulle wil wys dat hulle soos diere is.
19 Want dieselfde dinge gebeur met mense en met diere, mense sterf soos diere sterf. Almal moet asemhaal. Die mense is nie anders as die diere nie, want niks is soos dit moet wees nie.
20 Almal sterf en gaan na dieselfde plek, alles is stof en alles word weer stof.
21 Wie weet of mense se asem boontoe gaan en of diere se asem afgaan in die aarde? Niemand.
22 Ek het gesien dit is die beste vir ’n mens dat hy sy werk moet geniet, dit is sy beloning. Wie kan vir ’n mens wys wat ná hom sal gebeur?