6 Daar is ’n tyd om te soek en ’n tydom iets te laat wegraak,’n tyd om iets op te pas en ’n tyd om dit weg te gooi.
7 Daar is ’n tyd om te skeur en ’n tyd om vas te werk,’n tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat.
8 Daar is ’n tyd om lief te wees en ’n tyd om te haat,’n tyd om oorlog te maak en ’n tyd om vrede te maak.
9 Wat help dit vir ’n mens dat hy hard gewerk het? Niks.
10 Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen.
11 God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.
12 Ek weet nou dat dit die beste vir ’n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe.