2 Ek het toe gedink die mense wat klaar dood is, is gelukkiger as die mense wat nog lewe.
3 Maar wie is gelukkiger as hulle almal? Dit is die mense wat nog nie gebore is nie. Hulle is gelukkiger, want hulle het nie al die slegte dinge gesien wat mense in hierdie wêreld doen nie.
4 Ek het gesien mense werk hard en hulle wil slaag. Hoekom? Omdat hulle jaloers is op mekaar. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, hulle jaag wind.
5 Dwase gebruik nie hulle hande nie en hulle werk nie. Hulle sterf van honger.
6 Dit is beter om partymaal te rus en ’n bietjie kos te hê as om altyd hard te werk en baie kos te kry. Dit is soos om wind te jaag.
7 Ek het nog iets in hierdie wêreld gesien wat nie is soos dit moet wees nie.
8 Iemand is miskien alleen en hy het ook nie kinders of broers nie, maar hy hou aan om hard te werk en hy is nooit tevrede met alles wat hy het nie. Hy sal later dink: Vir wie het ek so hard gewerk? Hoekom het ek self so min van alles gebruik?Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is ’n baie slegte ding.