1 Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê.
2 Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos ’n dwaas.
3 Maar wanneer jy ’n gelofte gemaak het aan God, dan moet jy dit doen, jy moenie wag nie, want Hy hou nie van dwase nie. Jy moet doen wat jy belowe het.
4 Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie.