11 Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie.
12 Ek het gesien daar gebeur ’n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom.
13 Een slegte ding gebeur, en dan is sy goed weg. Hy het miskien ’n kind, maar sy kind kry niks.
14 Wanneer die persoon sterf, dan het hy niks. Hy is kaal gebore en hy sterf kaal. Hy neem niks saam met hom wat wys dat hy hard gewerk het nie.
15 Ook dít is ’n baie slegte ding: ’n Mens gaan uit die wêreld soos hy ingekom het. Hy hou niks oor van alles waarvoor hy hard gewerk het nie, dit was soos wind.
16 Die slegste is dat só iemand sy hele lewe lank in die donker bly. Dit beteken: Hy kry swaar, hy is baie siek en hy is kwaad vir alles.
17 Maar ek het ook iets gesien wat goed is: Dit is lekker om te eet en te drink en goeie dinge te geniet wanneer ’n mens sy hele lewe lank hard werk in hierdie wêreld. Dit is iets wat God vir hom gee.