4 Dit is beter om nie te belowe nie as om te belowe en dit nie te doen nie.
5 Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie, jy sal daaroor swaarkry. Jy moenie daardie dinge doen nie, want dan sal jy vir die boodskapper van God moet sê: “Ek het ’n fout gemaak, ek het verkeerde dinge gepraat.” Jy moenie dinge sê wat vir God kwaad maak nie. Hy sal alles verwoes wat jy gemaak het.
6 Mense droom baie en hulle praat baie, en wat hulle sê, is nie soos dit moet wees nie. Maar jy moet vir God respekteer.
7 Jy sien miskien dat distrikshoofde die mense verdruk wat niks het nie. Jy sien dat hulle nie reg doen nie en nie regverdig is nie. Jy moenie verbaas wees daaroor nie, want die belangrike amptenaar is die hoof van die ander amptenare en hy beskerm hulle. Die belangrikste amptenaar is die hoof van die belangrike amptenare en hy beskerm hulle.
8 Dit is die beste vir ’n land as ’n koning regeer oor mense wat almal in die grond werk.
9 Mense wat lief is vir geld, wil altyd nog meer geld hê. Mense wat graag ryk wil wees, sny baie koring af, maar dit is nooit genoeg vir hulle nie. Ook dít is nie reg nie.
10 Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie.