8 Dit is die beste vir ’n land as ’n koning regeer oor mense wat almal in die grond werk.
9 Mense wat lief is vir geld, wil altyd nog meer geld hê. Mense wat graag ryk wil wees, sny baie koring af, maar dit is nooit genoeg vir hulle nie. Ook dít is nie reg nie.
10 Wanneer jou goed baie word, dan word die mense wat kom eet, ook baie, en die persoon wat die baie goed het, kan net kyk hoe hulle eet, hy kan niks anders doen nie.
11 Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie.
12 Ek het gesien daar gebeur ’n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom.
13 Een slegte ding gebeur, en dan is sy goed weg. Hy het miskien ’n kind, maar sy kind kry niks.
14 Wanneer die persoon sterf, dan het hy niks. Hy is kaal gebore en hy sterf kaal. Hy neem niks saam met hom wat wys dat hy hard gewerk het nie.