25 Ek het hard probeer om te weet en te soek en te kyk of ek wysheid kan kry en of ek dinge kan ken. Ek wou weet of ’n mens ’n dwaas is wanneer hy verkeerd doen en of ’n mens mal is wanneer hy dwase dinge doen.
26 Ek het iets gekry wat meer bitter is as die dood: Dit is wanneer ’n vrou jou vang soos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang, en wanneer sy jou so vashou dat jy nie kan loskom nie. As God goed is vir jou, dan kan jy vry wegkom van haar. Maar ’n sondaar kan nie wegkom van haar nie.
27 Die Prediker sê: Luister wat het ek uitgevind. Ek het oor alles gedink en ek het probeer om dinge te verstaan.
28 Maar ek het nie gekry wat ek gesoek het nie. Ek het by 1 000 mense een goeie man gekry, maar ek het by hulle almal nie een goeie vrou gekry nie.
29 Maar ek het een ding uitgevind: Ek het uitgevind dat God die mense goed gemaak het, maar die mense het sleg geword en hulle het baie skelm planne probeer maak.