14 Daar was ’n klein stadjie, min mense het daar gewoon. ’n Groot koning het die stad van al die kante aangeval. Hy het probeer om die stad se mure af te breek.
15 Daar was ’n arm man in die stad, die man het wysheid gehad. Hy het sy wysheid gebruik om die stad te red. Maar niemand het daardie arm man onthou nie.
16 Ek het toe gesê: Dit is beter om wysheid te hê as om sterk te wees. Maar mense dink ’n arm mens se wysheid is nie belangrik nie, en hulle luister nie wanneer hy praat nie.
17 Dit is beter om te luister wanneer wyse mense kalm praat, beter as om te luister wanneer ’n persoon wat regeer, vir dwase skree.
18 Wysheid is beter as oorlog-wapens, maar een sondaar verwoes baie goeie dinge.