3 Wanneer ’n dwaas praat,dan wys hy hoe hoogmoedig hy is,en hy kry straf.Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.
4 As iemand nie beeste het nie,dan sal die koring in die krip nie opraak nie,maar as hy een sterk bees het,dan kan hy baie koring op die koringland hê.
5 ’n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,maar ’n vals getuie hou aan om te lieg.
6 Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,ook nie wanneer hy dit soek nie.’n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.
7 Jy moet weggaan van ’n dwase mens,jy sal niks by hom leer nie.
8 ’n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.
9 ’n Mens wat baie dwaas is, spotwanneer hy ’n skuld-offer moet bring,maar eerlike mense wil hê dat Godhulle offers moet aanvaar.