4 As iemand nie beeste het nie,dan sal die koring in die krip nie opraak nie,maar as hy een sterk bees het,dan kan hy baie koring op die koringland hê.
5 ’n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,maar ’n vals getuie hou aan om te lieg.
6 Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,ook nie wanneer hy dit soek nie.’n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.
7 Jy moet weggaan van ’n dwase mens,jy sal niks by hom leer nie.
8 ’n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.
9 ’n Mens wat baie dwaas is, spotwanneer hy ’n skuld-offer moet bring,maar eerlike mense wil hê dat Godhulle offers moet aanvaar.
10 ’n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.