24 En ek hoop en bid dat die Here my sal toelaat om sommer kort op sy hakke na julle toe te kom.
25 Ek dink ook die tyd het gekom om Epafroditos na julle toe terug te stuur. Hy het saam met my geswoeg en gesweet. Julle het hom mos na my toe gestuur om my te help. Nou stuur ek hom na julle toe terug.
26 Hy verlang baie na julle.
27 Dit het hom ook gepla dat julle van sy siekte gehoor het. Glo my, hy was baie siek. Hy het by die dood omgedraai. Maar God het nie van hom vergeet nie en hom gesond gemaak. God was nie net vir hom goed nie, maar ook vir my. As hy gesterf het, sou die hartseer vir my byna te veel gewees het.
28 Ek sal hom so gou moontlik na julle toe terugstuur. Ek kan my nogal voorstel hoe bly julle gaan wees wanneer julle hom weer in lewende lywe sien. Vir my sal dit ook goed wees, want dan hoef ek my nie meer oor hom te bekommer nie.
29 Gee hom ’n verwelkoming wat hy nie sommer sal vergeet nie, soos net ons Christene dit kan doen. Mense soos hy verdien dit.
30 Hy was nie bang om selfs sy lewe te waag om alles vir Jesus te doen wat hy kon nie. Hy was amper dood, en dit om vir my te doen wat julle nie kon nie omdat julle so ver is.