1 Laat ons nou nie in die wegspringblokke bly sit deur vas te steek by die heel basiese dingetjies wat ons oor Christus geleer het nie. Kom ons praat ’n bietjie oor dinge wat vir grootmense in die geloof bedoel is. Ons het nou al genoeg gepraat oor hoe ons dinge moet laat staan wat op die geestelike dood uitloop, of dat ons maar net op God moet vertrou.
2 Ek gaan ook nie weer die doop of die handoplegging bespreek nie en nie weer ’n keer vir julle vertel dat ons uit die dood lewendig gaan word of dat God die ongelowige mense gaan straf nie.
3 Laat ons ’n bietjie oor dieper dinge praat, as God wil.
4 Een ding sal nie gebeur nie: sê nou daar is mense wat saam met julle in die kerk gesit en oor wie die lig van God reeds geskyn het. Hulle het al ’n voorsmaak gekry van die hemel en van wat vir hulle wag, hulle was deel van die werk van die Heilige Gees