4 Ram was Amminadab se pa, terwyl Amminadab die pa van Nagson en Salmon was.
5 Salmon was getroud met Ragab. Hulle het ’n seun gehad met die naam Boas. Sy vrou se naam was Rut. Sy was ’n Moabiet. Hulle het hulle seun Obed genoem. Obed se seun was Isai.
6 Isai was die pa van koning Dawid. Dawid was Salomo se pa. Salomo is gebore uit die verhouding tussen Dawid en Batseba.
7 Salomo het ’n seun gehad met die naam Rehabeam. Hy was die pa van Abia, en Abia die pa van Asa.
8 Asa was Josafat se pa, terwyl Josafat die pa van Joram was. Joram se seun was Ussia,
9 en Ussia se seun was Jotam. Jotam se seun was Agas. Agas het ’n seun gehad met die naam Hiskia.
10 En Hiskia het ’n seun gehad met die naam Manasse. Op sy beurt was Manasse die pa van Amon. Amon was die pa van Josia, en