6 Isai was die pa van koning Dawid. Dawid was Salomo se pa. Salomo is gebore uit die verhouding tussen Dawid en Batseba.
7 Salomo het ’n seun gehad met die naam Rehabeam. Hy was die pa van Abia, en Abia die pa van Asa.
8 Asa was Josafat se pa, terwyl Josafat die pa van Joram was. Joram se seun was Ussia,
9 en Ussia se seun was Jotam. Jotam se seun was Agas. Agas het ’n seun gehad met die naam Hiskia.
10 En Hiskia het ’n seun gehad met die naam Manasse. Op sy beurt was Manasse die pa van Amon. Amon was die pa van Josia, en
11 Josia was die pa van Jojagin en sy broers. In daardie tyd is die Israeliete as slawe na Babilonië toe weggevoer.
12 God het gesorg dat die Babiloniese ballingskap nie ’n einde aan die geslagsregister van Jesus gemaak het nie. Jojagin het kort daarna ’n seun gehad met die naam Sealtiël. Sealtiël se seun was Serubbabel.