Matteus 10:6-12 DB

6 “Die Israeliete is julle hoofdoel. Gaan samel eers daar die oes in. Soos herders moet julle hierdie skape gaan soek wat die spoor so erg byster geraak het. Hulle weet nie meer mooi waar God is nie.

7 “Gaan vertel hulle van God se nuwe wêreld wat hier is. Gebruik die toerusting wat Ek vir julle gegee het.

8 “Doen onder hulle wat julle My die afgelope tyd sien doen het: gaan maak siek mense gesond; gaan gee aan dooies weer lewe; gaan maak melaatses gesond, en gaan help mense wat in die mag van demone is om daarvan ontslae te raak.“Doen al hierdie dinge sodat mense die teenwoordigheid en grootheid van God self persoonlik kan ervaar. En onthou, hierdie dinge het julle nie self verdien nie. Ek het dit gratis vir julle gegee. Gaan gee dit daarom ook verniet aan ander weg.”

9 Jesus het verder met hulle gepraat en vertel hoe hulle te werk moes gaan:“Julle hoef nie ’n klomp geld saam te vat nie.

10 Dit is ook nie nodig om groot tasse met baie klere te pak of allerhande spesiale reëlings vir die reis te tref nie. Immers, iemand wat werk, word tog betaal, al kry hy net kos om te eet vir al sy moeite.

11 “Sê nou maar julle kom in ’n stad of dorpie aan, kyk dan of daar iemand is wat vir julle blyplek aanbied en by wie julle graag sal wil bly. Moenie rondval nie; bly daar totdat julle weer na die volgende dorpie toe moet gaan. “So moet julle dit doen:

12 As julle in ’n huis ingaan, groet die mense vriendelik. Sê vir hulle God sal vir hulle goed wees. Hou dan hulle reaksie fyn dop.