44 sê hy vir homself: ‘Ek is moeg gesoek. Ek gaan kyk wat van die plek geword het waar ek eers gebly het.’ Daar gekom, vind hy die plek dolleeg, mooi skoon en reg.
45 Daarna gaan haal hy sommer nog ’n klomp ander bose geeste wat ook plek soek. Hulle is nog slegter as hy. Die hele bende van hulle bly dan sommer in die een huis. Sowaar, vir so ’n mens sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God maar liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die kans gehad het. Dit is ’n les wat die slegte mense onder julle nog nie geleer het nie.”
46 Jesus was nog aan die praat toe sy ma en broers daar opdaag. Hulle wou iets vir Hom sê.
47 Iemand het hulle opgemerk. “Jou ma en broers is hier buite. Hulle wil met jou praat.”
48 Jesus se antwoord was: “Kan julle vir My sê wie my regte familie is? Wie is regtig my ma en wie is regtig my broers?”
49 Hy wys toe na die mense wat Hom met oorgawe volg. “Sulke mense is my regte familie;
50 hulle is vir My my ma, my broers en susters. Almal wat lewe soos my hemelse Vader van hulle verwag, is ’n lid van my familie. Hulle is regtig my broers, my susters, my ma.”