27 Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel: “Bedaar. Dit is Ek! Moenie bang wees nie.”
28 Petrus roep toe: “Here, as dit regtig U is, sê dan vir my om op die water na U toe te stap.”“Waarvoor wag jy?
29 Kom!” het Jesus geantwoord.Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap.
30 Maar toe hy sien hoe sterk die wind is, het sy moed hom begeef. Hy het begin sink. Hy roep toe benoud: “Here, red my!”
31 Jesus het sy hand vinnig uitgesteek en hom uit die water opgetrek. “Hoekom is jou geloof so klein? Hoekom hou jy nie aan glo nie?” het Hy verwytend vir Petrus gevra.
32 Hulle het daarna in die skuit geklim en die wind het skielik bedaar.
33 Die dissipels wat in die boot was, het in eerbied voor Jesus neergeval. Hulle het Hom aanbid en gesê: “U is regtig die Seun van God!”