10 Dit sal ook al hoe meer uit die mode raak om kerk toe te gaan en ’n Christen te wees. Wat egter hoog in die mode sal wees, is om mekaar om elke hoek en draai te bedrieg en niks vir mekaar oor te hê nie.
11 Daar sal ook baie mense kom wat hoog en laag sal sweer dat hulle boodskappers van God is. Hulle is natuurlik skaamtelose bedrieërs. Die ergste is dat daar mense sal wees wat hulle gaan glo.
12 “Liefde gaan baie skaars word, want mense sal hulle nie meer steur aan wat God wil hê nie. Julle moet egter nooit God se hand los nie, nooit nie!
13 “So kan julle seker wees dat julle vir ewig saam met Hom sal leef; daarvoor sal Hy self sorg. Een ding is egter seker. Al hierdie haat en vyandskap sal die boodskap van God in hierdie wêreld nie kan stilmaak nie.
14 Die goeie nuus van God moet en sal uitkom vir almal om te hoor. Oor die hele wêreld sal dit weergalm. Dit sal by elke nasie uitkom. “Dan sal die einde van hierdie wêreld kom. Dit sal natuurlik ’n nuwe begin vir elke gelowige beteken.”
15 “As julle in die tempel daardie veragtelike ‘ding’ sien staan wat alles net wil vernietig, moet julle vinnig padgee. Die ‘ding’ is so veragtelik dat Ek nie eens sy naam wil noem nie. Die profeet Daniël het oor hierdie ‘ding’ geskryf. As julle lees wat hy geskryf het, sal julle verstaan wat Ek bedoel.
16 “As julle in daardie stadium in die omgewing van Jerusalem is, moet julle so gou moontlik in die heuwels gaan wegkruip.