43 “Dit beteken dat julle altyd gereed moet wees. Julle vra hoekom. Weet die eienaar van ’n huis miskien wanneer ’n dief by hom gaan inbreek? Natuurlik nie, want dan sou hy hom mos kon voorlê en keer dat hy inbreek. Dan sou daar nie so iets soos diefstal gewees het nie. Maar dit gebeur nie so nie. Die dief kom wanneer die eienaar dit nie verwag nie.
44 Net so sal dit gaan met die koms van die Here. Daarom moet julle maar altyd gereed wees. Dit is nie presies seker wanneer die Seun gaan kom nie, maar wanneer dit gebeur, moet julle reg wees.
45 “Laat Ek vir julle nog ’n voorbeeld gee. Watter soort werker sal ’n voorman van ’n fabriek gewoonlik die graagste oor die ander wil aanstel?
46 Dit is die persoon wat hard werk, of die voorman daar is om dit te sien of nie. Hy weet wat om te doen en doen dit.
47 So ’n werker sal goed beloon word. Uiteindelik sal hy oor die hele fabriek aangestel word.
48 ’n Werker wat egter nooit gaan vorder nie, is die hopelose een wat net die hele tyd die voorman dophou. As die voorman wegkyk, hou hy op werk. As die voorman lank weggaan, maak hy nog meer droog,
49 drink selfs in werkstyd en pla die hele tyd die ander werkers in hulle werk.