10 en dit vir die grond van die pottebakker betaal. Dit is die Here se instruksies aan my.”
11 Jesus het daarna voor die goewerneur verskyn. “Is jy die koning van die Jode?” vra die goewerneur. “Ja, u sê dit self,” antwoord Jesus.
12 Hy het egter niks gesê op die aanklagte van die Joodse leiers nie.
13 Pilatus gaan toe voort: “Luister net wat hierdie mense alles oor jou sê. Wil jy nie jouself verdedig nie?”
14 Tot die goewerneur se verbasing wou Jesus nie ’n woord sê nie.
15 Die goewerneur het gewoonlik met die fees ’n gevangene vir die mense losgelaat. Hulle kon self kies wie.
16 Daar was toe juis ’n sekere Jesus Barabbas in die tronk. Hy was ’n baie berugte terroris.