18 Die muur was van die pragtigste edelgesteentes gebou. Die stad self was van die suiwerste goud. Dit het geblink en geskitter, byna asof ’n mens na glas kyk.
19-20 Die fondamente van die stadsmuur was die ene edelstene. Dit was oortrek met jaspis, saffiere, agaat, smarag, oniks, sardis, chrisoliet, beril, topaas, krisopraas, hiasint en ametis, twaalf soorte altesaam.
21 Die twaalf poorte was elkeen uit ’n soliede pêrel gemaak. Die strate van die stad was van goud, skitterblink soos glas. Dit was of ’n mens daardeur kon sien.
22 Ek het gekyk, maar geen tempel in die stad gesien nie. Dit was nie meer nodig nie, want die Here God, die Een wat die sterkste van almal is en alles kan doen, was in die stad. Met Hom en die Lam daar was ’n tempel onnodig.
23 Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad.
24 Al die mense van die wêreld sal in die lig kan kom leef. Die leiers en heersers van die wêreld sal kom en so wys hoe groot en belangrik die stad regtig is.
25 Die poorte sal nooit toegemaak word nie. Of anders gestel: dit sal die hele dag lank oop bly. Omdat God se lig daar is, word dit nooit nag nie. Niemand buite die stad sal geëer word nie.