13 moet u onmiddellik na die koning toe gaan en vir hom vra: ‘U Majesteit, het u my nie lank gelede al beloof dat my seun Salomo na u koning sal word nie? As dit so is, waarom het Adonia dan vandag koning geword?”’
14 Natan het egter iets belangriks bygevoeg: “Terwyl u nog met die koning praat, sal ek binnekom en dieselfde dinge vir die koning sê.”
15 Batseba is toe na die koning se kamer toe. Hy was baie oud en Abisag, die vrou uit Sunem, het hom verpleeg.
16 Batseba het laag voor hom gebuig en Dawid het vir haar gevra: “Wat kan ek vir jou doen?”
17 Batseba sê toe: “U Majesteit, lank gelede het u my in die Naam van die Here u God beloof dat my seun Salomo na u koning sou word.
18 Vandag het Adonia egter koning geword. Niemand het u nog daarvan vertel nie.
19 Hy het baie beeste, skape en vetgemaakte kalwers geoffer en al u seuns genooi. Abjatar die priester, en Joab, die hoof van u leër, was ook daar. Adonia het u seun Salomo egter nie genooi nie.