15 Batseba is toe na die koning se kamer toe. Hy was baie oud en Abisag, die vrou uit Sunem, het hom verpleeg.
16 Batseba het laag voor hom gebuig en Dawid het vir haar gevra: “Wat kan ek vir jou doen?”
17 Batseba sê toe: “U Majesteit, lank gelede het u my in die Naam van die Here u God beloof dat my seun Salomo na u koning sou word.
18 Vandag het Adonia egter koning geword. Niemand het u nog daarvan vertel nie.
19 Hy het baie beeste, skape en vetgemaakte kalwers geoffer en al u seuns genooi. Abjatar die priester, en Joab, die hoof van u leër, was ook daar. Adonia het u seun Salomo egter nie genooi nie.
20 U Majesteit, die hele Israel wag op u. U moet nou sê wie na u koning moet word.
21 As u niks gaan sê nie, sal Adonia vir my en Salomo na u dood soos verraaiers behandel.”