42 Joab het skaars klaar gepraat of Jonatan die seun van die priester Abjatar kom daar aangestap. “Kom binne, Jonatan,” het Adonia gesê. “Jy is ’n goeie mens en ek weet jy bring vir ons goeie nuus.”
43 “Ongelukkig nie,” het Jonatan geantwoord. “Koning Dawid het sy seun Salomo pas koning gemaak.
44 Hy het Sadok, Natan, Benaja en die koninklike lyfwag na Salomo toe gestuur. Hulle het hom op die koning se muil gesit.
45 By die Gihonfontein het Sadok en Natan hom as koning gesalf. Daarna is hulle terug stad toe terwyl die volk vrolik gesing en gedans het. Tans is die stad die ene uitbundigheid. Dit is die geraas wat julle nou daar hoor.
46 Salomo het selfs op die koning se troon gaan sit.
47 Maar iets ergers het nog gebeur. Al die koning se amptenare is na koning Dawid toe om hom met sy seun geluk te wens. Almal het gesê hulle hoop dat God vir Salomo beroemder en voorspoediger as Dawid sal maak.
48 Die koning het by sy bed gekniel en gesê: ‘Kom ons loof die Here, die God van Israel, wat vandag een van my eie kinders koning laat word het. Loof die Here dat elkeen van ons dit met ons oë kon sien.’”