47 Maar iets ergers het nog gebeur. Al die koning se amptenare is na koning Dawid toe om hom met sy seun geluk te wens. Almal het gesê hulle hoop dat God vir Salomo beroemder en voorspoediger as Dawid sal maak.
48 Die koning het by sy bed gekniel en gesê: ‘Kom ons loof die Here, die God van Israel, wat vandag een van my eie kinders koning laat word het. Loof die Here dat elkeen van ons dit met ons oë kon sien.’”
49 ’n Groot angs het Adonia en sy gaste beetgepak. Almal het vinnig opgespring en is daar weg. Elkeen het sy eie koers ingeslaan.
50 Adonia was benoud en baie bang dat Salomo hom sou kry. Hy het toe sommer reguit na die tent waar die Here teenwoordig was, gehardloop en aan die hoeke van die altaar gaan vashou.
51 Hulle het vir Salomo vertel dat Adonia bang is vir hom en krampagtig aan die hoeke van die altaar vasklou terwyl hy aanmekaar sê: “Ek los nie voordat koning Salomo gesweer het hy sal my nie doodmaak nie.”
52 Salomo het geantwoord: “Laat hom tog maar gaan. En sê vir hom as hy aan die koning getrou is, sal daar nie eens ’n haar van sy kop afval nie. As hy egter verkeerd doen, sterf hy onmiddellik.”
53 Koning Salomo het manne gestuur om Adonia by die altaar te haal en hom van die koning se besluit te vertel. Adonia is toe reguit na die koning toe en het laag voor hom gebuig. Salomo het vir hom gesê: “Jy kan maar huis toe gaan.”