7 Hy het stilletjies met Joab, die seun van Seruja, en met Abjatar die priester gekonkel en hulle het beloof om hom te steun.
8 Sadok, die ander priester, Benaja, die seun van Jojada, Natan die profeet, asook Simeï, Reï en al Dawid se lyfwagte het botweg geweier om Adonia te ondersteun.
9 ’n Paar dae later het Adonia ’n klomp skape, beeste en vetgemaakte kalwers gevat en dit by die Sogeletrots naby die Rogelfontein gaan offer. Hy het toe die ander seuns van Dawid asook van sy amptenare wat van Judese afkoms was, na die feesmaal genooi.
10 Adonia het egter nie sy halfbroer Salomo of die profeet Natan of Benaja of enigiemand van die koning se lyfwagte genooi nie.
11 Natan was baie ontsteld hieroor en het na Batseba, Salomo se ma, gegaan en haar gevra: “Het u gehoor dat Adonia die seun van Gaggit homself koning gemaak het?
12 Indien u u eie lewe en dié van Salomo wil spaar,
13 moet u onmiddellik na die koning toe gaan en vir hom vra: ‘U Majesteit, het u my nie lank gelede al beloof dat my seun Salomo na u koning sal word nie? As dit so is, waarom het Adonia dan vandag koning geword?”’